Algemene Bestuurder
Ons soek 'n georganiseerde, verantwoordelike persoon met sterk leierskapsvaardighede wat ons seisoenale span en daaglikse bedrywighede kan help bestuur.

Hartlemoen · Silly Season 2026/2027
Ons brei ons span uit vir Silly Season 2026/2027!
Ons is op soek na hardwerkende, positiewe mense wat gereed is om hulle moue op te rol, saam te werk en deel te wees van Hartlemoen se besigste seisoen. As jy daarvan hou om besig te bly, nuwe dinge te leer en deel van 'n dinamiese span te wees, wil ons graag jou aansoek ontvang!
Ons soek 'n georganiseerde, verantwoordelike persoon met sterk leierskapsvaardighede wat ons seisoenale span en daaglikse bedrywighede kan help bestuur.
Ons soek administratiewe assistente met uitstekende organisatoriese vermoëns, goeie kommunikasievaardighede en aandag aan detail.
Jou eie funksionele laptop is 'n vereiste.
Ons soek noukeurige, energieke spanlede om ons te help met die etikettering, plakkers, verpakking en voorbereiding van bestellings.
Ons soek 'n vriendelike, verantwoordelike en betroubare Au Pair om gedurende die besige seisoen met die versorging van Monique se kinders te help.
Voor jy begin
Slegs administratiewe assistente: Jy moet toegang tot jou eie funksionele laptop hê.
Presiese begin- en einddatums, finale skofte, vergoeding en die sluitingsdatum word nog bevestig. Die werksperiode en skedule word ná die onderhoudproses ooreengekom.
Dankie vir jou belangstelling om by Hartlemoen te werk. Aansoeke vir Silly Season 2026/2027 is gesluit en ons ontvang tans geen nuwe aansoeke nie. Hou die bladsy dop vir toekomstige geleenthede.